Notes |
-
"Pieter het as 'n burger te Drakenstein begin maar in 1748 bevind hy hom "aan de Jagersfontein gelegen agter 't Bokke veld' waar hy toe 'n weilisensie gehad het. Hy was dus toe woonagtig in die gebied noord van Roodezand, die huidige Tulbach, wat destyds nog in die distrik van Stellenbosch geval het. Sover vasgestel kon, word, het hy hierdie weilisensie op 18 Augustus, 1749 en toe vir die laaste keer op 7 April, 1750 hernu - teen 24 "Rijksdaalders" per jaar. Vanaf 17 Oktober, 1754, het hy 'n weilisensie vir grond (leningsplase genoem) "aan de Karokloof agter de verkeerde Valleij N.B. in't Bokke velt gelegen", dus in dieselfde omgewing as voorheen, gehad. Volgens sy weduwee se testament (bl. 15) is hierdie plaas "De Bocke-rivier" genoem en hier het Pieter gebly tot sy dood in 1768.
Die sogenoemde leningsplase was in teorie almal rond want elke plaas het "'n deersnee van 'n uur stap oorkruis beslaan". In praktyd was die plase egter nie rond nie want daar was soms hindernisse soos berge en riviere in die pad wat die vorm van die plaas be-invloed het. Daar was ook nie vaste grense en boere het soms baie meer grond gebruik as waarop hulle geregtig was. Dit het natuurlik probleme tussen bure veroorsaak en ons vind dan ook dat ene Dirk van der Scheijff op 6 Augustus 1754 gekla het dat hy las het van Pieter Jacobsz. Van der Scheijff het toe "ses vierjarige bequame trek ossen" ten opsigte van agterstallige weilisensiegeld aan die Kompanjie gegee en die plaas verlaat (bl. 21) Grond was volop en weilisensies maklik te bekom!
Pieter se weduwee se testament is die oudste dokument wat opgespoor kon word waarop die handtekening van 'n Jacobs verskyn. Die handtekening toon vir ons twee dinge. In die eerste plek, die manier waarop na 'n vrou of weduwee in die ou dae verwys is. Daar is aldy verwys na, soos in herdie geval, "Anna fori' weduwee van Pieter Jacobs" of, byvoorbeeld, 'Enid Wessels, vrou (of huisvrou) van Dirk Jacobs" en nie soos ons dit vandag sou doen, na "Anna Jacobs (gebore Fourie), weduwee van Pieter Jacobs" of Enid Jacobs (Gebore Wessels), vrou van Dirk Jacobs" nie. Tweedens, die spelling van die van Jacobs. Van die vroegste tye af het die nakomelinge van Pierre Jacob, hulle van Jacobs geskryf. Die Hollandsprekende amptenare van die Staat en die Kerk het altyd die van Jacobsz gespel, maar as die betrokke man of vrou moes teken, het hy of sy dit Jacobs gespel.
Volgens die sterfteregister van Tulbach is Pieter gedurende April, 1768 oorlede. Die sterfteregister van 1793 tot 1816 het ongelukkig verlore geraak, dus kan nie met sekerheid aanvaar word dat sy in 1796 gesterk het, want op 6 Oktober 1796 is haar testament by die "weeskamer Cabo de goede Hoop" ingedien. In haar testament bemaak sy die plaas aan haar oudste seun Pieter."
|